Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
NSFAS besoek dorp

Die Lwazi-program en die National Student Financial Aid Scheme (NSFAS) het dit Sondag 24 November vir meer as 700 leerders moontlik gemaak om aansoek te doen vir studiefinansiering vir 2020.

Leerders kon by die Hoërskool Breërivier hul aansoeke indien en kon met kenners gesels oor toekomstige beroepe van Northlink, Richfield en die kollege van Kaapstad.

“Dit was goed om te sien dat die kinders van die gemeenskap van hierdie geleentheid gebruik maak om hul toekoms te verseker. Ons is bly dat daar ook meer as 180 aansoeke vir verdere opleiding plaasgevind het,” sê Ronel Pullin van die Lwazi-program.

“Dit is belangrik vir ons kinders in die gemeenskap om gebruik te maak van geleenthede soos hierdie om die beste moontlike keuse vir hul toekoms te maak.” Die gemeenskap is welkom om Lwazi te bel vir enige hulp met aansoeke vir opleiding in 2020.. Bel Ronel Pullin by 081 233 0198 of Gerald Pullin by 078 5317 846.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.