Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe hoof wil leerders laat dink

Esselenpark Sekondêre Skool het ’n nuwe skoolhoof aan die stuur van sake.

Francois Beukes is nie ’n nuweling as dit kom by onderwys nie. Hy is al 30 jaar in die onderwys betrokke en kom ook uit ’n familie van onderwysers.

“My onderwysloopbaan het in Swellendam begin. Ek was op soek na my volgende uitdaging omdat ek altyd op die uitkyk is na iets om my as ’n mens te verryk,” vertel Beukes.

Beukes besef dat dit nie ’n maklike taak is wat vir hom voorlê nie omdat die skool al 60 jaar bestaan.

“Daar is deur die jare baie sukses­volle mense wat deur hierdie skool gekom het en hulle kyk nou na ons – wat nou aan die stuur is – om die skool van krag tot krag te laat gaan. Dit is ’n uitdaging,” sê hy.

Beukes se visie vir die skool is dat die kinders die middelpunt van die skool moet bly. Hy hoop om die skool ’n plek te maak waar kinders hulle kan uitleef en gelukkig kan wees.

“Ek glo elke kind is waardevol en ons wil graag hulle potensiaal hiér ontwik­kel. Die skool se leuse is: ‘Kennis is ons lig’. As ons kinders net daardie leuse kan uitleef as hulle die skool verlaat, dan sal die gemeenskap ’n beter plek word,” sê Beukes.

Beukes het ’n goeie verhouding met die Worcester-gemeenskap opgebou aangesien sy twee kinders hiér in die dorp skoolgegaan het.

“Daar is nog baie werk wat by die skool moet gebeur, maar ek glo dat ek met die hulp van my kollegas die visie en planne sal kan uitleef,” sê hy.

Beukes kom uit ’n familie wat al diep spore in die onderwys getrap het. Sy ouers, twee broers en sy suster is almal betrokke by die onderwys.

“My pa is al 29 jaar oorlede, maar hy bly steeds my rolmodel en motivering om elke dag net my beste te gee om’n positiewe impak in kinders se lewe te maak,” sê hy.

Beukes wil kinders ook graag leer om meer krities te dink oor die samelewing en altyd vrae te vrae oor wat om hulle gebeur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.