Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe Hoop verniel

’n Kommerwekkende totaal van agt inbrake by die Nuwe Hoop-sentrum se afdeling vir gehoorgestremdes is die afgelope drie weke by die Worcester-polisie aangemeld.

Dit is volgens die waarnemende skoolhoof, Ernest Humphreys.

Die mees onlangse inbraak by die afdeling in Leipoldtlaan was Maandagaand 5 Augustus toe al die klanktoerusting, ter waarde van duisende rande, uit die saal gesteel is.

Volgens Humphreys teiken die diewe koper. “Groot skade is in die seuns se badkamers aangerig. Die waterpomp wat die rugbyveld besproei en koperpype is gesteel.

“Daar is talle stukkende vensters, vier wasbakke is heeltemal vernietig, daar is sigbare gate in die plafon en die verdagtes het ook skade aan die toilette, warmwatersilinders en lugreëlingstelsel aangerig,” sê Humphreys.

Twee klaskamers was verlede week onder water as gevolg van koperdraad wat losgeruk is.

Die skool is besig om statistieke bymekaar te kry vir aanmelding by die onderwysdepartement se Veilige Skole-program.

Humphreys sê Leipoldtlaan is besonder donker in die aand, wat dit vir skelms maklik maak om misdaad te pleeg. “Die skool het in ’n stadium ekstra ligte op die perseel gehad om donker areas te belig, maar weens finansiële tekorte is dit moeilik om dit te herstel.”

Die vlaag inbrake by Nuwe Hoop kom slegs weke nadat die Wes-Kaapse minister van onderwys, Debbie Schäfer, ’n verklaring vrygestel het met statistieke van skole in die provinsie wat die afgelope vakansie geplunder is.

Volgens die verklaring het meer as 40 skole onder vandalisme en plundery deurgeloop.

Intussen het die skool addisionele veiligheidsmaatreëls ingestel om die inbrake hok te slaan.

By navraag het ’n woordvoerder van die onderwysdepartement, Millicent Merton, gesê dit is betreurenswaardig dat die oortreders se optrede soveel skade en ontwrigting by die sentrum veroorsaak. Sy hoop die skuldiges word so gou moontlik vasgetrek.

“Ek het die inbrake met die waarnemende hoof bevestig en hy het aangedui dat hy dit so gou moontlik by Veilige Skole sal aanmeld.

“Die departement sal daarna ’n aanduiding van enige moontlike bykomende maatreëls kan gee. Die inbrake is wel by die polisie aangemeld.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.