Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe Hoop vier 86 jaar in volle vaart

Die Nuwe Hoop-sentrum vir spesiale onderwysbehoeftes het 1 Februarie sy 86ste verjaardag met ’n spesiale atletiekdag by die Bolandpark-stadion gevier.

Dié sentrum is die grootste sentrum in Suid-Afrika wat onderwys en opleiding aan dowe, leergestremdes en hardhorende leerders bied. Die skool is in 1933 deur Izak Februarie gestig met onderrig aan die eerste vier dowe leerders.

Die skool se 86ste se verjaardag is gevier tesame met die skool se jaarlikse atletiekdag.

Die leerders en studente is voor die byeenkoms met heerlike lekkernye bederf. Voor die atletiekverrigtinge begin het, het die skool se waarnemende hoof, Sylvia Page, met ’n gebed geopen en die skoollied is daarna gesing.

“Ons leerders was baie in hul noppies en het die dag ten volle geniet. Daar was vreugde, pret en ’n feestelike atmosfeer.

“Graag wil ons net deur hierdie wonderlike samesyn die boodskap uitstuur dat, al beskou ander ons as ‘anders bevoeg’, is ons identies of eintlik beter toegerus,” sê die trotse Page.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.