Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe kliniek nou in gebruik

Die Wolseley-gemeenskap het Maandag 24 Junie na die nuwe kliniek in Eeufeesstraat gestroom toe dit amptelik in gebruik geneem is.

’n Woordvoerder van die gesondheidsdepartement, Sandra Maritz, sê die personeellede was slaggereed.

“Die personeel het vroeg dié oggend bymekaar gekom en in die stilligheid hul opgewondenheid met mekaar gedeel voordat dit tyd was om die deure oop te maak,” sê Maritz.

Maritz sê sedert die sleutels in April vanjaar aan die gesondheidsdepartement oorhandig is, is die nodige uitklaringsbriewe vir elektrisiteit en brande bekom.

Die primêregesondheidskliniek van R25 miljoen lewer dienste van Maandae tot Vrydae tussen 07:30 en 16:00.

Pasiënte word aangemoedig om afsprake te maak vir veral vroue- en kindergesondheid soos gesinsbeplanning en immunisering, kroniese sorg en medikasie en MIV/vigs- en TB-toetsing om wagtye te beperk.

Pasiënte kan ook gebruik maak van die dienste wat ’n mobiele kliniek in die omgewing lewer. Die mobiele kliniek lewer Maandae tot Donderdae dienste soos immunisering en gesinsbeplanning. Die kliniek besoek plekke soos Pine Valley, Platvlei, Speanvlei, Tweespruit en elders.

Skakel die Wolseley-kliniek by 023 231 1320 vir nog besonderhede oor die mobiele kliniek se dienste en plekke wat dit aandoen.

Meer as 2 200 mense gebruik die kliniek en mobiele kliniek elke maand.

Dr. Elton Titus, die Witzenberg-subdistrikbestuurder, vra dat die gemeenskap hande vat met die personeel van die Wolseley-kliniek om die fasiliteit op te pas en netjies te hou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.