Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe wiele ’n groot bate vir dié bejaardes

Die Kleinbegin-dienssentrum vir bejaardes het onlangs nuwe wiele gekry en die bejaardes sê hulle is baie opgewonde.

“Ons het in 2017 vir ’n bussie by die Lotto aansoek gedoen en al daarvan vergeet. In Februarie vanjaar het ek ’n oproep gekry om te sê hulle het e-pos gestuur. Toe ek dit uiteindelik lees, kon ek dit nie glo nie. Die trane het gerol,” sê Beaulah Vlok, die sentrumkoördineerder.

Beaulah sê toe hulle die nuus van die nuwe bussie kry, het hulle baie met hul ou bussie gesukkel. Hulle moes die bejaardes in ’n stadium met ’n gewone motor vervoer. “Ons het al duisende bestee om die bussie reg te maak, maar daar was net altyd ’n probleem,” sê Beaulah verder.

Maria Wagner, een van die stigterslede en die voorsitter, sê sy kon nie die nuus glo nie. “Ons het gesukkel en maar bly bid. Ons is net só dankbaar aan Lotto vir die geskenk wat ons gekry het. Toe ons die bussie gaan haal, was dit nogal ’n ervaring,” sê Maria.

Beaulah sê die nuwe bussie maak dit moontlik dat hulle projekte met gemak kan aanpak. “Ons wil die beste vir die bejaardes gee; dis vir ons belangrik. Ons doen breiwerk, naaldwerk en reik uit na die plase. Hierdie jaar brei ons vir ’n skool in De Doorns en vir mense wat kanker het. Ons doen maar goed om geld in te bring. Ons is baie afhanklik van skenkings en is dankbaar vir almal wat iets gee,” sê Beaulah.

Die Kleinbegin-dienssentrum, wat in 1999 gestig is, het tans 60 bejaardes wat hulle elke dag van 08:00 tot 14:00 besig hou.

“Die verskil wat ’n dienssentrum vir ’n bejaarde maak, is baie groot. Hier is baie ander sentrums in die dorp, maar net daardie samesyn elke dag, die bietjie uitgaan elke dag, maak ’n groot verskil vir ons bejaardes,” sê Beaulah.

“Ons wil graag die Lotto-fonds bedank vir die bussie wat hy vir ons gegee het. Ook baie dankie aan die ander mense wat vir ons baie ander skenkings gegee het. Die Kleinbegin-dienssentrum waardeer dit. Met die nuwe bussie sien ons ook baie uit om aan die Golden Games wat Dinsdag 30 April by Bolandpark plaasvind, deel te neem,” sê Beaulah.

Enigiemand wat wil bydra kan Beaulah Vlok by 023?342 4352 of beaulahvlok@gmail.com kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.