Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Om te borsvoed kan baie voordelig vir ’n baba wees

As jy ’n boek sou lees oor borsvoeding, sou dit heel waarskynlik met ’n soort­gelyke inleiding begin: “Borsvoeding is soveel meer as net ’n manier om melk in jou baba se magie te kry. Dis die waarde­volste geskenk wat jy ooit vir jou kind kan gee: ’n geskenk van emosionele en fisieke welsyn wat lewenslank dividende sal lewer.” (Uit Borsvoed jou Baba deur Marie-Louise Steyn 2013.)

So, waarom is dit nie altyd maklik nie? Waarom is borsvoeding soms seer? Waarom is daar soveel uitdagings? Waarom gee almal verskillende raad?

Ek wil graag ’n paar faktore uitlig wat borsvoeding vir ’n nuwe mamma makliker kan maak, wat sy dalk nie in die voorgeboorteklas geleer het nie.

Emosionele voorberei­ding:

Borsvoeding is onder meer ’n kwessie van selfvertroue. Glo jy kan. Besluit jy gaan borsvoed terwyl jy nog swanger is en vertel dit vir jou vrien­dinne. Smoor negatiewe kommentaar met jou positiewe ingesteldheid. Beloof jou baba dat jy jou beste gaan doen om dit te bemeester. En beloof jouself! Ongelukkig het baie mense hul vertroue in borsvoe­ding verloor en dis geen wonder nie, ons almal ken vroue wat nie suksesvol kon voed nie. Voeg daarby die rillerstories van ons ma’s en tannies en niggies wat moes ophou weens pyn en melkkoors en alles wat kon skeefloop!

Vind een persoon wat haar eie kinders suksesvol geborsvoed het, sy kan jou vriendin, suster, kollega of klinieksuster wees, en volg slegs haar raad. Moenie vir almal luister nie, want hul gaan jou verwar.

Die feit is dat 95% van vroue fisiek in staat is om meer as genoeg melk vir hul babas te maak. Wanneer dinge skeefloop, is dit dikwels omdat borsvoeding ver­keerd bestuur word. Melkproduksie werk op die beginsel van vraag en aanbod – hoe meer melk jou baba drink, hoe meer melk sal jy produseer. Om hierdie eenvoudige rede is soveel gewoontes wat jou baba se tyd aan die bors beperk (soos vieruurlikse voeding, formule byvoeding of net ’n sekere tyd per bors) absoluut fataal vir melkproduksie.

Die eerste paar weke met ’n nuwe baba is oorweldigend; dis belangrik dat jy en jou maat daaroor gesels en voorbereid is. Aanvaar hulp en onthou mense kom voor dinge: Jou nuwe gesin is nou prioriteit. Fokus op jou baba en op jouself. Nuwe mammas moet genoeg eet, genoeg drink en rus wanneer hul kan.

En die heel belangrikste is om hulp te kry as jy sukkel, en hoe vroeër, hoe beter! En pasop vir wanpersepsies: Hulp is baie goedkoper as die alternatief!

  • Sr. Anelle Greyling is ’n geregistreerde verpleegkundige en ’n borsvoedings­konsultant in Worcester. Vir meer raad, bel haar by 023 342 2333, of stuur e-pos aan sranelle@diekleindingkliniek.co.za.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.