Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Omgeemens brand om handskoene uit te deel

Sy wou iets vir die gemeenskap doen.

’n Gemeenskapsmens met ’n hart van goud het aan die begin van 2018 ’n probleem vir mense wat in rolstoele vasgekluister is opgemerk en sy het dadelik ’n oplossing probeer vind.

Layla Jeftha het gesien hoe mense in rolstoele in die warm son die wiele met hul hande moet rol.

“Hulle hande moet mos brand as die son die wiele warm bak. Handskoene het toe by my opgekom as die perfekte oplossing vir dié probleem,” vertel Layla.

Sy het die Breedevallei-munisipaliteit en ander donateurs genader vir skenkings en 7 Desember is 20 pare handskoene aan mense in rolstoele oorhandig.

Die oorhandiging het by die Breedevallei-vereniging vir persone met gestremdhede (APD) plaasgevind.

“Ek wil vir Antoinette Steyn, die uitvoerende burgemeester, bedank dat sy ook deel was van die hele proses. Ek moet natuurlik vir APD bedank wat die 20 mense in rolstoele geïdentifiseer het,” het sy gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.