Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ondersteuners sê polisie se teenwoordigheid onnodig

Die gemeenskap se gemoedere het hoog geloop by die verskyning van Breedevallei-Onafhanklik (BO) se raadslid, Nik Wullschleger, voor die dorpsraad se tugkomitee verlede Woensdag (30 September).

Wullschleger word daarvan aangekla dat hy die raad in ’n radio-onderhoud op ValleiFM in 2019 in oneer gebring het.

“Raadslid Wullschleger het vandag (30 September) sy verskyning gemaak voor die DA-geleide verhoor.

“As party ondersteun ons ons kollega en ons hou vol dat hy onskuldig is,” het raadslid Colin Wilskut, leier van die BO-party, gesê.

Neil Mercuur, die Breedevallei-munisipaliteit se speaker, het weer aan Standard gesê die verhoor is nie oop vir die publiek en die media nie.

Die besonderhede van die verskyning kan dus nie nou bekend gemaak word nie.

“Ek kan wel bevestig dat die spesiale komitee weer Dinsdag (10 November) byeenkom om ’n finale beslissing oor die ondersoek te maak,” het Mercuur gesê.

Mercuur het genoem dat die volle aanbeveling dan aan die raad voorgelê sal word.

Wullschleger was in die destydse radio-onderhoud uitgesproke oor die Transhex-behuisingsprojek, wat hy gemeen het nie voldoende en veilige behuising vir almal gaan verseker nie.

Wilskut het vroeër aan Standard gesê hulle meen die behuisingsprojek het “ ’n apartheid-tipe beplanning”, wat arm gemeenskappe na buite die middedorp dwing.

Volgens Mercuur is die polisie tydens die verhoor ontbied om te help om orde te handhaaf en te voorkom dat die werksaamhede van die spesiale komitee ontwrig word.

Ondersteuners het dit egter as “onnodig” en “ ’n mors van die polisie se tyd” afgemaak omdat hulle gesê het hulle geen voorneme gehad het om enige werk van die komitee te ontwrig nie.

Die BO het sedert die klagte teen Wullschleger gevra dat die publiek en media ingesluit word in die proses, maar dit het egter tot op hede op dowe ore geval.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.