Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Onmin oor motorfietse wat erewag vir Oom Boen staan

Sosiale media het behoorlik gegons toe motorfietse onlangs voor ’n rugbywedstryd op die baan van die Bolandpark-stadion toegelaat is.

Standard het talle klagtes ontvang en verskeie Worcesteriete het hul misnoeë uitgespreek. Vrae is gevra oor hoekom motorfietse op die baan toegelaat is.

Volgens die voorsitter van die Alberts-rugbyklub, Joffrey Jack, het die klub dié dag, voor die hoofwedstryd teen die Greenleaves, ’n oud-Albertsspeler vereer. Die oudspeler, Samuel “Boen” Claassen, is vroeër daardie week oorlede en Claassen se naasbestaandes is deur Jack en ’n oudpresident van die klub, Cathy Wentze, op die veld gelei. Spelers en motorfietsryers het ’n erewag gestaan.

Die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) het bevestig dat ’n paar motorfietse ’n erewag by die Alberts-wedstryd gevorm het.

“Die munisipaliteit sal, benewens normale instandhouding, nooit toestemming verleen vir motors, motorfietse of enige voertuie op die tartanbaan nie,” sê die BVM-woordvoerder, Johan Botha.

Die motorfietse het glo dadelik ná die erewag die baan verlaat.

Mense wat gekla het, sê hulle kan nie verstaan hoe motorfietse op ’n atletiekbaan toegelaat is nie omdat dit die baan net nog verder kan beskadig.

Jack sê dit was nie Alberts se bedoeling om die baan te beskadig nie.

“Ons het Oom Boen vereer en die motorfietse was net om kleur te gee aan die dag. Die motorfietse was minder as vyf minute op die baan en hulle het nie “gespin” nie, net geluide gemaak. Hulle het net ’n erewag gevorm,” sê Jack.

Kosie Koopman, ’n afrigter by die Worcester-atletiekklub, wat die baan elke dag tot twee keer met sy atlete gebruik, sê hy voel ongelukkig oor wat gebeur het.

“Waar is dit goedgekeur? Die baan word baie verniel, want ek dink daar word nie reg toesig gehou nie. Ek voel nogal baie teleurgesteld,” sê Koopman.

Jack sê Alberts RVK is ’n klub vir die gemeenskap. “Ons wil die klub opbou en bevorder; dis wat vir ons belangrik is,” sê Jack.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.