Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Onnie is borgtog geweier

Die onderwyser van Worcester R.K. Primêr wat op twee aanklagte van verkragting teregstaan, is Dinsdag 24 Maart in die landdroshof borgtog geweier.

Die onderwyser is vroeg in Februarie in hegtenis geneem en aangekla nadat hy na bewering ’n 13-jarige leerder op twee afsonderlike geleenthede verkrag het.

Die landdros, Samantha Albertyn, het die saak vir verdere ondersoek tot 14 Mei uitgestel en die onderwyser sal tot dan aangehou word.

Standard het ná die inhegtenis­neming van die onderwyser met die familie van die 13-jarige slagoffer gepraat en volgens hulle is dit ’n “moeilike tyd” vir hulle.

Die Worcester-polisie het bevestig die 33-jarige onderwyser is voorheen ook op aanklagte van verkragting en diefstal skuldig bevind.

Die familie hoop steeds die kind herstel van die nare ondervinding omdat sy nog baie jonk en verward is oor alles wat met haar gebeur het.

“Dit is hartverskeurend wat ons tans deurmaak. Ons wil nie vuur met vuur bestry nie en probeer dus kalm bly in die situasie,” het die meisie se ma vroeër aan Standard genoem.

Die onderwyser is ’n bekende in rugbykringe in die dorp en mense is dit eens dat die aanklagte ernstig is en hulle diep geskok is oor die gebeure. Die onderwyser is ook intussen by die skool afgedank.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.