Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Onnies ‘vrees vir lewens’

Onderwysers van Esselen­park Sekondêre Skool (EPS) het vroeg vandeesweek geweier om na hul klas­kamers terug te keer uit vrees vir hul lewe.

Volgens ’n onderwyser by die skool wat anoniem wou bly, het drie JCY-bendelede Maandag­oggend 4 Februarie onwettig ’n onderwyseres se klas betree en haar gedreig.

Toe Standard die skool teen 10:00 besoek, het die leerders gesê hulle sit al die hele oggend buite.

By navraag het die hoof­kommunikasiebeampte van die Wes-Kaapse onderwys­departement, Bronagh Hammond, gesê hulle dra kennis van die voorval.

Onderwysers by die skool het geweier om na hul klas­kamers te gaan. Hulle het gesê hulle voel onveilig en daar bestaan kommer oor dissipline by die skool.
Wes-Kaapse departement van onderwys

“Amptenare van die distriks­kantoor het die skool besoek, vergesel deur ’n sektorbevel­voerder van Worcester-polisie, kapt. GerritDippenaar. Verdere gesprekke sal voortgaan om ’n oplossing vir hul griewe te vind. Die skending van die heining is aangemeld en die Veilige Skole-projek is betrek vir die organisering van veilig­heid totdat die heining herstel word.”

Die onderwyser sê dit is nie die eerste geval van geweld teen hulle by die skool nie. In ’n ander voorval het ’n gr. 8-leerder ’n onderwyser geklap.

“Onderwysers kry seer en voel onveilig. Niks word beplan om hulle te beskerm nie,” sê die onderwyser.

Hammond sê in die mees onlangse voorval, toe ’n leerder ’n onderwyser aangerand het, het die saak dissiplinêre aandag geniet en berading is verskaf.

Volgens die onderwyser is daar nog goed waaroor hulle ongelukkig voel.

Daar is nie ’n permanente skoolhoof by die skool nie, slegs ’n waarnemende hoof. Volgens die onderwyser kan dié hoof hom nie goed van sy taak kwyt nie omdat hy ook klasse moet aanbied wat sy aandag verg.

Vanaf 1 Februarie sou ’n kurator-prinsipaal by die skool waarneem, maar dit het nie gebeur nie.

In ’n opvolgnavraag aan die departement oor dié kwessie het ’n woordvoerder, Millicent Merton, gesê die departement hou by die vorige kommentaar.

“In hierdie stadium moet ons volstaan met ons kommentaar wat ons gister aan jou gegee het aangesien dit is wat die onderwysers onder ons aandag gebring het.”

Die onderwyser sê hulle sou graag wil hê dat EPS terugkeer na ’n modelskool, want dit is nie ’n plesier om in vrees te leef wanneer hulle in die klaskamer staan om les te gee en iets te probeer beteken nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.