Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Ons het alles in die brand verloor’

“Ek het ’n oproep ontvang en hulle het gesê ons huis brand. Nou sit ons hier met niks.”

Dit was die woorde van die gebroke ma van twee, Joyce Maart, wat Saterdagmiddag (3 Oktober) al hul besittings verloor het nadat ’n brand by hul informele huisvesting in Essopstraat in Roodewal uitgebreek het.

Maart het aan Standard verduidelik sy en haar twee kinders was nie tydens die brand by die huis nie – hulle het by haar suster in Avianpark gekuier.

“Ek het vroeg verlede week na my suster toe gekom en iemand het my later die week geskakel om my oor die brand in te lig,” vertel Maart.

Standard het verneem Maart se lewensmaat was die laaste mens wat by die huis was en hy het Vrydagaand daar geslaap. Maart het gesê hy het aan haar genoem dat alles nog reg was toe hy die huis verlaat het.

Maart is tans werkloos en sy het tydens die onderhoud met Standard emosioneel geraak toe sy oor die toekoms praat.

Sy het twee kinders vir wie sy moet sorg.

Die jongste, Kim, is ’n maand gelede gebore.

“My kinders het nie klere nie en al ons ander basiese benodigdhede is in die brand verwoes. Ek weet nie hoe ons gaan maak nie.”

Maart het dit beskou as ’n reënboog-oomblik dat niemand in die brand omgekom het nie.

Haar lewensmaat vermoed dit was dalk ’n elektriese fout met ’n kragprop wat foutief geraak het. “Ons het in hierdie stadium egter geen sekerheid daaroor nie,” het Shanick Nel, wat ook op die perseel woon, gesê.

Nel het verder genoem toe hulle weer sien, was die hele woonplek in vlamme gehul.

Maart het egter genoem so ver sy weet, was die krag af toe sy nog laas daar was.

Sy het bygevoeg dat dit vir haar “onmoontlik” klink dat die plek vanself aan die brand geslaan het.

“Ek hoop dat ons binnekort standvastigheid kan vind en weer ’n lewe vir my en my kinders kan opbou,” het Maart afgesluit.

Enigiemand wat die Maart-gesin graag wil bystaan of ’n skenking wil doen, kan hulle by 078 650 6003 kontak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.