Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Ons wag buite, maar die kliniek is leeg’

Besoekers aan die Empilisweni-kliniek in Zwelethemba het vandeesweek hul misnoeë uitgespreek oor die lang wagtye by die kliniek. Inwoners meen niemand kommunikeer met hulle nie en hulle word ook nie op hoogte gehou nie.

“Ek was Maandag (7 Desember) by die kliniek en moes omtrent drie uur wag sodat my seun ’n opvolgbesoek kon ondergaan. Die ry buite die kliniek was baie lank, maar toe ek uiteindelik binne kom, was die kliniek nie baie vol nie,” vertel ’n inwoner van Zwelethemba.

Die inwoner sê iets moet gedoen word omdat gemeenskapslede nou reeds jare met die probleem sukkel.

Die departement van gesondheid het in reaksie hierop aan Standard gesê die kliniek was op die betrokke dag weens oogkundige dienste besiger as gewoonlik.

“Wanneer iemand na ’n kliniek kom, moet hulle ’n siftingsproses vir Covid-19 en TB ondergaan. Ná waarnemings word elke pasiënt gesien na gelang van hoe dringend sy toestand is,” sê Sandra Maritz, die woordvoerder van die departement van gesondheid.

Kinders, ouer of verswakte mense en mense met gestremdhede kry so ver moontlik voorkeur. ’n Konsultasie sluit gewoonlik meer in as die hoofrede van die pasiënt se besoek.

“Omvattende en persoongesentreerde dienslewering neem tyd. Die kliniek het genoegsame personeel en ons bestuur die beskikbaarheid van personeel so goed as moontlik met inagneming van mense wat verlof neem en op siekverlof is.”

Maritz het klem geplaas op die Covid-19-maatreëls wat streng toegepas word en dus kan ’n verlengde wagtyd buite die fasiliteit weens die beperking verwag word.

Beperk jou wagtyd by ’n gesondheidsfasiliteit tot die minimum deur:. Die kliniek te besoek tydens kliniek-ure, tussen 07:30 en 16:00. . Waarnemings sal gedoen word om te bepaal hoe dringend ’n gesondheidswerker jou moet help. ’n Kleurkode sal aan jou toegeken word:Groen: Jy word gesien wanneer ’n gesondheidswerker beskikbaar is;Geel: So gou moontlik;Oranje: Dringend, enRooi: Onmiddellik.. Meld by ’n gesondheidswerker aan indien jy begin sieker voel terwyl jy op jou beurt wag.. Doen navraag by die kliniek oor gesondheidsdienste wat deur die mobiele kliniek in jou omgewing gelewer word. . Indien jy ’n afspraak het, moenie langer as 30 minute voor jou afspraak opdaag nie. Kom altyd jou afspraak na. Laat weet die kliniek indien iets voorval en jy nie jou afspraak kan nakom nie.. Indien jy by ’n gesondheidsfasiliteit aangemeld het en besluit om te loop voordat ’n gesondheidswerker jou gesien het, sê dit vir ’n gesondheidswerker. . Doen navraag by die kliniek oor die moontlikheid daarvan om jou kroniese medikasie by alternatiewe verspreidingspunte af te haal.

Mense wat terugvoer oor dienslewering het, kan dit aan die fasiliteitbestuurder deurgee deur 086 0142 142 te skakel of ’n “please call me” na 079 769 1207 te stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.