Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ontploffing: Ma en seun ook beseer


'n Man wat ook in die ontploffing on Worcester se nywerheidsgebied beseer is, word in die hoësorgeenheid in Tygerberg-hospitaal behandel. Sy ma, wat ook beseer is, sterk tans tuis aan. 

Elizabeth (66) en Alan (33) Ashworth het in hul Ford-bakkie by die verkeerslig in Hoogstraat gewag om die kruising oor te steek, toe die ontploffing plaasgevind het.

Elizabeth Ashworth sterk tans tuis aan.Foto: Verskaf
Alan Ashworth lê in die hoësorgbrandeenheid in Tygerberg-hospitaal.Foto: Verskaf

Alan, wat by GRW werksaam is, was saam met sy ma in die voertuig op pad na sy werksplek toe. Dit is nog vir hulle onseker presies hoe alles gebeur het, maar Elizabeth se dogter, Lené Nortier, sê sy is onder omstandighede dankbaar.

Elizabeth en Alan was albei deur die nooddienste na Worcester-hospitaal geneem vir behandeling, maar Alan is later die dag oorgeplaas na die hoësorg-brandeenheid van die Tygerberg-hospitaal. Elizabeth, wat in Worcester-hospitaal se hoësorgeenheid behandel is, is Donderdag net na 12:00 ontslaan.

“Daar is nog onsekerheid oor die pad vorentoe. Opvolgbesoeke aan die dokters sal bepaal wat met my ma en haar ernstige brandwonde gaan gebeur. My broer is ook erg geraak deur die ontploffing. Hy het erge brandwonde aan sy lyf opgedoen en is steeds aan ‘n ventilator en onder verdowing,” vertel ’n emosionele Lené.

Elizabeth is tans tuis om aan te sterk en het wonde opgedoen op haar hande en gesig.

“Ons kyk nou vorentoe en fokus op die toekoms. Ons is dankbaar vir diegene wat tot dusver gehelp het en hulle bygestaan het. Dit is maar moeilik, maar ons waardeer elkeen se gebede en ondersteuning,” sê Lené.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.