Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Dink-skrum met Davie
Oorlewingstryd uit hul hande

Die Top-12 het die naweek in alle erns afgeskop, en mense, was daar nou vir jou drama!

Davie LawrenceFoto:

Robertson en Villagers Worcester is gereken as twee van die gunstelinge om met die algehele trofee weg te stap, maar ná hul nederlae die naweek is hul lot nou uit eie hande om vir die halfeindstryd te kwalifiseer.

Villagers Worcester, die verdedigende kampioen, het sy rieme in Worcester teen Caledon styfgeloop. Villa loop nou die gevaar om voor die halfeindstryd in die Grootuitdaagbeker uitgeskakel ter word.

Villagers se lot is nou nie meer in sy eie hande nie. Die kampioen gaan eerskomende naweek Hamlet op sy tuiste moet klop en dan moet Hamlet korte mette met Caledon op laasgenoemde se tuisveld maak om te kwalifiseer.

Robertson, die ander verteenwoordiger in die Breëlangebergstreek, moes ook tweedeviool speel toe hy naelskraaps in Hawston vasgeval het. Robertson ontvang Roses United hierdie naweek in ’n moet-wen-wedstryd, anders eindig sy Top-12-veldtog aanstaande week.

Eerskomende naweek klim ons ander streke se spanne uit die laer ligas ook deur die toue.

In die Streekuitdaagbeker besoek Bonnievale Blue Birds die manne van Riviersonderend en McGregor skop sy veldtog tuis teen Kleinmond af.

Rooiberg van Robertson kry besoek van Vastrap van Ceres in die Gemeenskapskild.

In die Eersteligareeks kan Laingsburg sy plek in die halfeindstryd bespreek wanneer hy ná sy oorwinning oor Ocean United na Ceres vir sy stryd teen La Plaisante reis.

Alberts van Worcester sal ook sy sprokieseisoen wil voortsit wanneer hy besoek van Young Happy Stars ontvang.

Indien die afgelope naweek enige barometer was van wat ons in die Top-12-kompetisie te wagte kan wees, behoort die komende naweek weer die ene drama en allerhande intriges te wees.

Spanne sal die naweek speel om lewend in die kompetisie te bly terwyl ander ’n goeie begin sal wil maak.

Dink-skrum met Davie Davie Lawrence
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.