Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Orchard Primêr hou gholfdag

Orchard Primêr gaan Saterdag 31 Julie ’n gholfdag hou om geld vir die skool in te samel.

Danver Olsen, ’n onderwyser by die skool, sê die skool samel gereeld geld in vir skooluitstappies om sodoende die leerders aan verskeie geleenthede bloot te stel.

Olsen vertel hy het in 2018 en 2019 van die leerders Pretoria toe geneem waar hulle die Uniegebou besoek het.

“In 2018 het ons ook na die Springbokke teen die All Blacks gaan kyk en in 2019 het SA Rugby 60 komplimentêre kaartjies vir ons geborg om die rugbywedstryd teen Argentinië, net voor die Wêreldbeker, te gaan kyk,” sê Olsen.

Hy sê hulle wou hierdie jaar ook iets reël, maar Covid-19 het hul planne in die wiele gery. Hy sê egter die gholfdag is al lank op die skool se program. Die doel van die gholfdag is vir onderwysontwikkeling en vir die leerders wat 1 Oktober op hul Potberg-kamp gaan.

Die kamp word jaarliks vir leerders aangebied en kos R700. Olsen sê daar is baie leerders wat dit nie kan bekostig nie en dat die gholfdag “twee vlieë met een klap” wil doodslaan wat geldinsameling betref.

Die gholfdag sal by die Riverside-gholfklub in Worcester plaasvind. Die prys per persoon en span is onderskeidelik R250 en R750. Van die pryse is onder meer TV-stelle en halwe lammers. Mense wat belangstel om die dag by te woon, kan vir Danver Olsen by 082 495 6562 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.