Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Organisasie help vroue met selfverdediging

Die JC Beukes-sentrum in Riverview bied elke Dinsdag van 17:00 tot 18:00 ’n geleentheid aan vroue wat graag selfverdedigingsklasse wil loop.

Die organisasie stel die saal gratis beskikbaar, maar ’n minimale fooi is aan die instrukteur, Thomas Jacobs, betaalbaar.

Jacobs bied die afgelope paar maande karate-opleiding by die sentrum aan, maar selfverdedigingsklasse is ’n spesiale korttermynopleiding om vroue te leer om hulle teen aanvalle te beskerm.

Die organisasie Chipros probeer om ’n borg te kry om dié kursus vir alle vroue moontlik te maak. Chipros wil na vroue uitreik om hulself teen aanvalle te beskerm. .Mense wat deelnemers se instrukteurkoste wil borg, kan Charles Beukes, die stigter en direkteur van Chipros, by chipros1982@gmail.com e-pos, of by 079 837 2540 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.