Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oudjoernalis se boek help jeug

’n Oud-Standard-joernalis het onlangs ’n boek wat die jeug gaan help, bekend gestel.

Liomee Vosloo (née Van der Merwe) was in 2010 en 2011 een van Standard se joernaliste. Lesers sal haar onthou oor die huis wat sy in Porterstraat gehuur het wat afgebrand het. Sy was ook tydens werksure in ’n gru-ongeluk betrokke waarin sy haar rug gebreek het.

Haar boek, Rou real rebel vir Jesus, is daarop gemik om raad aan jongmense te gee. “Die boek is gemik daarop om soveel jongmense moontlik aan te moedig om hul drome na te jaag,” verduidelik sy.

Die idee om die boek te skryf, het ontstaan toe Vosloo en haar man in Zambië gewerk het.

“Ek het baie tyd op sosiale media deurgebring om met my familie in kontak te bly. Maar op dieselfde tyd het ek besef hoe baie tyd jongmense op sosiale media bestee.” Dit het haar laat besluit om liewer haar boek in digitale formaat uit te gee, en dis gratis.

In die boek praat Vosloo oor verskeie temas wat relevant is vir tieners en jongmense.

“Die temas handel oor goed soos egskeiding van jou ouers, teleurstelling, rebellie, trauma, depressie en die soeke na liefde. Die boek gee ook ’n kykie aan ouers en onderwysers wat in die gedagtes van die hoofkarakter, wat emosioneel met dié temas worstel, aangaan.” Vosloo het ook ’n aanlyn platform op Instagram, Nie Plastiek, waar bekende sowel as niebekende mense hul lewensverhale deel.

Nadat sy van Standard weg is, het sy in Christelike media begin werk.

“Agt jaar gelede het die Here my geroep om in Christenmedia te werk. Ek het in 2012 by ’n Christenradiostasie begin en na dit by ’n ander, waar ek tans steeds is.”

Vir nou is daar nog nie ’n opvolgboek op die horison nie, maar sy wil graag met Rou real rebel vir Jesus die jeug bemagtig om hul drome te bewaarheid, al is die wêreld tans in so ’n moeilike situasie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.