Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oudstudente skenk geld aan plaaslike atletiekklub

Oudstudente van Pentech het onlangs ’n reünie in Worcester gehou en die samesyn baie geniet.

Dié groep het na Worcester se gemeenskap uitgereik en ’n donasie van R3 500 aan Fit2Run-atletiekklub geskenk. Die oudstudente sal ook in die toekoms gereeld na behoeftige gemeenskappe uitreik.

Die eertydse rektor, dr. Franklin Sonn, Antoinette Steyn, uitvoerende burgemeester van die Breedevallei-munisipaliteit, en Calvin Maseko, direkteur van alumni-sake by die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT), was die eregaste.

By die geleentheid is ’n brosjure oor die instansie uitgegee waarin al die geskiedenis op sinoptiese wyse vervat is.

Die oudstudente kon herinneringe herroep. Sonn het uitgebrei oor die werklikheid van studentwees en die groep herinner aan die mas­siewe rol wat hulle in die bevryding­stryd van Suid-Afrika gespeel het. Sy tema was “ ’n Arend vang nie vlieë nie. Hy vlieg net hoër en hoër.”

Die groep is per bus na KSUT waar lede ingelig is oor die rol wat hulle steeds by dié instansie kan speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.