Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Overhex-winkel beroof

Die Overhex-winkel op die R60-pad (Robertson-pad) is Maandag 16 Maart in die vroeë oggendure beroof. ’n Werknemer is met ’n wapen gedreig en later vasgebind.

Luidens die polisieverslag was ’n werknemer van die winkel omstreeks 09:50 in die winkel besig om brood op die rak te pak toe twee mans die winkel binnekom het en sê hulle wil graag sigarette koop. Sy het agter die toonbank inbeweeg en die sigarette aan hulle gegee toe nóg ’n man die winkel binnekom en oor die toonbank spring.

“Die man het dadelik ’n vuurwapen uitgepluk en gesê hy soek geld uit die kasregister. Sy het die kasregister oopgemaak, die geld uitgehaal en aan hom gegee. Sy kon nie presies onthou hoeveel geld op daardie spesifieke tydstip in die kasregister was nie. Daarna het die man haar selfoon gevat en haar hande met kabelbinders vasgebind,” sê kapt. Tobela Dyasi van Worcester-polisie aan Standard.

Die mans het nog enkele oomblikke die winkel deursoek, maar is toe weg met ’n Samsung- en ’n Huawei-selfoon, asook die geld uit die kasregister. Hulle het die werknemer vasgebind gelaat en die deur agter hulle toegemaak.

“Een van die huiswerkers van die huis waaraan die winkel gekoppel is, het tot haar redding gekom en dadelik die eienaar en kliniek gebel nadat sy haar losgeknip het,” sê Dyasi verder.

’n Ooggetuie wat omstreeks 10:10 verby die toneel gery het en Standard oor die gebeure ingelig het, het gesê die polisie en ander nooddienste was op die toneel. Die polisie het vinnig reageer.

Standard kon nie die eienaar van die winkel bereik nie. ’n Klag van roof word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

“Volgens die winkelassistent het die een man wat die wapen op haar gerig het, ’n blou oorpak aangehad. Die ander man het ’n grys top en blou broek gedra,” voeg Dyasi by. . Enigiemand met inligting kan kol. Joseph Hoorn by 023 348 6151 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.