Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Owerhede het hande vol met ongelukke die naweek

Die koue en winderige weerstoestande het die afgelope naweek die padgebrui­kers onkant gevang met talle ongelukke wat in die Breedevallei aangemeld is.

In een spesifieke ongeluk in Du Toitskloof was nege mense betrokke en twee van die mense het gesterf.

“Hulle was nog almal baie jonk, met die jongste vriend wat maar net 19 jaar oud was,” vertel ’n familievriend van die oorledenes.

Standard het verneem die groep vriende was op pad na die Paarl om ’n vriend af te laai toe hulle in die ongeluk betrokke was. Nooddienste op die toneel het die Ford-bakkie op sy dak op die toneel gevind.

“In die Worcester-omgewing was daar vier ongelukke en die weerstoestande het definitief ’n rol gespeel,” vertel Yasar Ismail van Worcester Breakdown Services.

Volgens Ismail is talle mense in die ongelukke oor die naweek beseer en nooddienste het hul hande vol gehad met pasiënte wat mediese sorg verlang het.

“Toe ons op die toneel in die Du Toitskloofpas kom, was daar twee voertuie in die ongeluk betrokke. Al die mense was nog in die voertuie vasgekeer en ons het hulp aan die betrokkenes verleen,” sê Ismail.

Owerhede het hul hande vol gehad met talle ander ongelukke wat in die streek plaasgevind het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.