SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Nuus
Paniekknoppie slaan groot prys los

’n Worcesteriet en sy Kaapse mede-ontwerper se veiligheidsknoppie het ’n groot prys losgeslaan.

Herman Bester van Worcester en Anton Swanevelder van Kaapstad se veiligheidspaniekknoppie is as die wenner in Santam se innoverende veiligheidsidees-veldtog vir 2018 aangewys.

Standard het met Herman gesels en hy verduidelik: “Die paniekknoppie staan bekend as MyLifeLine en is beskikbaar in die vorm van ’n horlosie of paniekknoppie.”

Herman motiveer die inspirasie agter die veiligheidsknoppie: “Ons wou mense, ons geliefdes ingesluit, help wanneer hulle ooit in nood of gevaar sou verkeer en nie in staat sou wees om om hulp te roep nie.”

Volgens Herman is die toestel nie ingewikkeld nie en dit kan deur enigiemand gebruik word. Die toestel kan soos ’n horlosie om die arm gedra word. Indien die draer hom in ’n noodsituasie bevind, moet hy/sy die knoppie vir drie sekondes druk om ’n panieksein na MyLifeLine te stuur.

’n Beheerkameroperateur bel dan die persoon om die aard van die noodgeval vas te stel. ’n SMS word ook aan die gebruiker se noodkontakte gestuur.

“Een van ons groot bekommernisse oor sekerheid is dat ’n effektiewe medium vir die eskalasie van ’n noodsituasie nie bestaan wanneer mense buite die bereik van huisalarms is nie – veral wanneer hulle ook nie toegang tot ’n selfoon het nie,” sê Herman.

“Ons hoofdoel was om ’n stelsel op die been te bring wat onafhanklik van huisalarms en selfone is. Die eenhede moet dus self deur ’n beheerkamer kan kommunikeer.”

Herman en Anton hoop die paniekknoppie sal baie se lewe red.

“As ons net ’n verskil in een mens se lewe met MyLifeLine kan maak, is dit die moeite werd.”

Die stigters sê hulle werk voortdurend om die toestel te verbeter.

. MyLifeLine is plaaslik te koop. Bel Herman Bester by 082 777 5350.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.