Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pietersen verskyn weer in landdroshof

Peter Pietersen (46) wat op aanklag van moord op sy lewensmaat, Annelise Fiks (43), teregstaan se saak is tot 26 Maart uitgestel sodat hy ’n datum vir die streekhof kan kry.

Pietersen het Dinsdag 5 Maart in Worcester-landdroshof verskyn. Pietersen is vroeër vanjaar borgtog deur landdros Antoinette Pearcey-Botha geweier nadat die adresse wat hy verskaf het hom nie wou huisves nie.

Fiks se liggaam is November verlede jaar in ’n vrugteboord gevind. Haar liggaam is met kneuswonde onder takke gevind. Sy was twee dae lank vermis. Pietersen is etlike ure nadat hy Fiks se liggaam vir die polisie uitgewys het op die plaas Stilwater in hegtenis geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.