Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaaswerkers van 70 boerderye kry hul inenting

Plaaswerkers van sowat 70 boerderye in die Rawsonville-omgewing is Vrydag (16 Julie) om die beurt teen Covid-19 op ’n plaas ingeënt. Altesaam 366 mense van 50 jaar en ouer in die distrik kon op hierdie manier makliker toegang tot die inenting kry.

Dit is die grootste uitreikaksie wat tot dusver in die Kaapse Wynland gehou is. Tot nou het gesondheidswerkers op ’n een-tot-een-grondslag uitgereik na boerderye vir reëlings om mense wat vir inenting kwalifiseer, met registrasie en inentings te ondersteun. Die span in die Witzenberg beplan om later die maand uit te reik na mense van die Tankwa Karoo-omgewing.

Angelique Rossouw, bestuurder van primêre gesondheidsdienste in die Breedevallei, sê dit is hul manier om hierdie kwesbare en uiters belangrike groep in die gemeenskap te ondersteun.

“Dit is nie altyd moontlik vir hulle om na een van ons fasiliteite in dorpe wat inentings doen, te gaan nie,” sê Rossouw.

Die 366 mense wat Vrydag ingeënt is, sal by ’n soortgelyke geleentheid in Augustus die tweede dosis van die entstof kry.

Jan Pieterse (56) het in die Rawsonville-omgewing grootgeword en sê die risiko wat jy loop om te sterf, is net te groot as jy dit nie neem nie. Hy was bly om deel te wees van die groep wat Vrydag as deel van die uitreikaksie ingeënt is.

“Dis jou eie besluit of jy dit wil neem,” sê hy. “Maar dit (Covid-19) is ’n gevaarlike besigheid. Jy neem maar die entstof om jou eie lewe te beskerm,” sê Pieterse.

Klara Hennings (68) het afgetree waar sy gewerk het – by Voorsorg Boerdery – en was dankbaar dat sy Vrydag haar inenting saam met ander mense van die plaas kon kry.

“ ’n Mens moenie al die stories wat mense oor die entstof vertel, kop toe vat nie. Dit doen goed. Die naald maak nie seer nie. Ek het niks oorgekom nie,” sê sy.

Wes-Kaap Gesondheid se personeel berei hulle voor om van 19 Julie af te begin om mense in die gemeenskap wat bedlêend is, asook hawelose mense wat in skuilings is, teen Covid-19 in te ent.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.