Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pleegouers ontevrede met Worcester-kindersorg

’n Pleegouer van ’n 12-jarige meisie is hoogs ontsteld omdat sy meen Worcester-kindersorg het nie genoeg gedoen om hul pleegkind en haar gesin te ondersteun nie.

Magrieta Januarie, wat sedert die meisie ses maande oud is as pleegouer vir haar optree, vertel die meisie het ongeveer twee jaar gelede gedrags­probleme begin toon.

“Ons het toe die maatskaplike werker by Kindersorg, wat verantwoordelik is om ons met dié soort probleme te help, genader. Ons is nooit gehelp nie en het aanhou sukkel,” sê Januarie.

Volgens haar het die maatskaplike werker die pleegkind toe kort daarna kom haal en haar geneem om vir vyf dae by haar biologiese ouers te gaan kuier.

“Die toestande by die ouerhuis van die kind is nooit ondersoek nie. Sy het nie skool bygewoon nie en ons vind toe uit sy is saam met haar ma se halfboetie Robertson toe.

“Ons het die kind opgespoor en toe ons nie hulp by die polisie kon kry nie, het ons haar self gaan haal. Sy het baie sleg gelyk en ons het Kindersorg dadelik gebel. Kindersorg het glad nie oor dié tydperk opgetree nie. Ons moes self sielkundige hulp vir haar kry,” sê Januarie.

Sy beskryf die kind se ouerhuis as een waar dwelms en alkohol glo gereeld gebruik word en sê dit is ’n onstabiele huishouding. “Daarna was daar nog twee geleenthede waar Kindersorg die kind met ’n naweekpas na haar ouers in OVD (in Worcester-distrik) gestuur het. Toe die kind ná die naweek terug by die huis kom, hoor ons sy het dagga gerook en was onvanpas betrokke met ’n volwasse man.

“Ons het toe weer by Kindersorg gaan kla, en dié keer het hulle ’n maatskaplike werker gestuur. Die kind het toe aangedui dat sy wil teruggaan na haar biologiese ouers toe.”

Volgens Januarie was dit toe dat dinge handuit geruk het omdat die meisie glo vir die tydperk wat sy by haar biologiese ouers gebly het, glad nie skool bygewoon nie.

“Die kind het glo gereeld kos by die Kibbutz gaan bedel, in die dorp rondgeloop en glo ses keer in dié tydperk dagga gerook. Ek het besluit om weer self na die kind te gaan soek, want vir my gaan dit nog altyd oor die kind se veiligheid en haar welstand.”

Volgens Januarie het hulle Kindersorg genader om te help om die meisie op te spoor, maar hulle is aangesê om die kind self te gaan haal.

Suzette Wilken, kantoorhoof by Worcester-kindersorg, bevestig dat hulle bewus is van die kind en die klagtes vanaf die pleegouers.

“Ons is tans besig met ’n ondersoek en kan geen verdere kommentaar verskaf nie,” het Wilken aan Standard gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.