Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisiebeamptes tree ná langer as vier dekades af

Twee polisiebeamptes van Worcester tree eersdaags ná net meer as vier dekades in diens uit.

Lt.-kol. Johannes Gunter (60) en lt.-kol. Adriaan Kriel (60) het elk 41 diensjaar agter die rug.

Gunter het sy basiese polisie-opleiding in 1978 by die polisiekollege in Pretoria ontvang nadat hy vroeër dieselfde jaar as student by die Phalaborwa-polisie aangesluit het.

Lt.-kol. Johannes Gunter (60) saam met genl.-maj. Nomthetheleli Mene.Foto:

Konst. Gunter is in 1979 na die Sunnyside-polisiekantoor oorgeplaas waar sy speurdiens begin het. Hy is in 1986 tot luitenant bevorder en was ook ’n bevelvoerder in verskeie eenhede, waaronder voertuigdiefstal, die speurtak asook die dwelm- en misdaadeenhede.

Gunter het in 2012 na die Breederivier verhuis en hom as bevelvoerder van die speurtak by die Robertson-polisie aangesluit. Hy is twee jaar gelede na die Worcester-polisiekantoor se speurtak oorgeplaas.

Hy het ’n aantal prestasies in sy polisieloopbaan behaal. In 2002 het hy ’n BTech-graad aan die Technikon van Suid-Afrika voltooi. Hy het oor die jare heen 10 medaljes, insluitend ’n medalje teen terrorisme, ontvang.

Kriel het sy polisieloopbaan in 1976 begin toe hy ná sy opleiding by die polisiekantoor in Worcester gestasioneer was. Daarna, in 1977, het hy vir ’n paar jaar by onderskeidelik die Wynberg- en die Mowbray-polisiekantoor gewerk.

In 1988 het hy stasiebevelvoerder van die Carnavon-polisiekantoor geword en in 1991 is hy tot kaptein bevorder.

Lt.-kol. Adriaan Kriel en genl.-maj. Nomthetheleli Mene. Foto:

Kriel is in 2009 as stasiebevelvoerder van die Villiersdorp-polisie aangewys.

Hy het ook oor die jare heen 10 medaljes asook een teen terrorisme ontvang.

Die klusterbevelvoerder in Worcester, gen.-maj. Nomthetheleli Mene, het Kriel en Gunter bedank vir hul onvermoeide pogings wat hulle oor die jare aange­wend het om te verseker dat die gemeenskap veilig is.

Mene het ook die polisiebeamptes se families vir hul volgehoue ondersteu­ning aan die lede in die uitdagende tye regdeur hul polisieloopbaan bedank.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.