Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Premier van die provinsie kuier by skemerkelkie

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, was Maandagaand die gasspreker by ’n skemerkelkie in die stadsaal in Worcester.

Dit was sy eerste besoek aan die dorp as die provinsie se premier.

Die geleentheid is deur die SN Pool-gemeenskapstigting aangebied. Verteenwoordigers van verskeie gemeenskapsorganisasies en ondernemings het die geleentheid bygewoon.

Winde, wat voorheen die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid was, het gesê Suid-Afrika is vandag armer as tien jaar gelede.

“Die land is in ’n moeilike posisie, maar dis in moeilike tye wat leiers inspring om groot verandering te bring.”

Winde het gesê die regering het nie genoeg geld om alleen verandering in gemeenskappe te bring nie. “Ons kan dit net deur vennootskappe doen. Wanneer ek hoor hoe gemeenskappe steeds agter­bly as gevolg van die toestand van die ekonomie, besef ek hoe hard ons moet werk. Ek het al elke provinsie en munisipaliteit besoek. Dis eers wanneer ’n mens in daardie gemeenskappe is dat jy werklik die groot tekort sien.”

Winde sê sy grootste werk sal wees om toe te sien dat elke huishouding ’n broodwinner het.

“Maar vir nou moet ons verseker dat die regering se vennote organisasies sonder winsbejag insluit.”

Winde sê hy het die agt maande voor sy aanstelling as premier baie tyd in gemeenskappe deurgebring.

“Ek het tyd ‘aan die anderkant van die spoorlyn’, waar geweld en misdaad aan die orde van die dag is, deurgebring. Daar is twee spektrums, misdaad en geweld, en aan die ander kant is daar ’n waardestelsel.” Winde sê hy hoop die land sal met behulp van vennootskappe nader aan die waardestelsel beweeg.

Hy het die Pool-gemeenskapstigting en ondernemings bedank vir die rol wat hulle in die gemeenskap hier speel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.