Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Protes word plundery in De Doorns

’n Aantal stakende plaaswerkers is Donderdag in De Doorns in hegtenis geneem nadat twee vragmotors in onluste op die N1-snelweg buite die dorp gestroop is.

Die polisie kon teen laatmiddag Donderdag nog nie bevestig hoeveel stakers in hegtenis geneem is nie.

Die N1 is Donderdagoggend weens onluste deur polisie en verkeersbeamptes toegemaak. Na wat verneem word, was dit ‘n staking deur plaaswerkers.

“Die protes het vanoggend ongeveer 06:48 begin. Daar is tot dusver nog geen beserings aangemeld nie. Twee vragmotors is geplunder en is van die toneel verwyder,” sê konst. Marelize Box, woordvoerder vir die De Doorns-polisie.

Dit blyk die vragmotors is deur die stakende plaaswerkers geteiken en twee trokke se vragte is geplunder. In hierdie stadium is dit onduidelik waaroor die staking gaan.

“Van die gestelde items is reeds gevind. Ons is steeds besig om ander items te probeer opspoor in die gemeenskap,” sê Box.

Die N1 is deur die nag gesluit vir verkeer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.