Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Raadslede dalk in tugverhoor

Twee raadslede van die Breedevallei-mu­ni­sipaliteit, Nik Wullschleger en Colin Wilskut (albei lede van die BO), word deur dissiplinêre aksie in die gesig gestaar ná beweerde oortre­dings.

“Dié twee raadslede se ondersoeke is gegrond op beweerde oortredings van die gedragskode. Dit is onder meer dat ’n raadslid sy funksie op ’n deursigtige wyse moet uitvoer en altyd in die beste belang van die munisipaliteit moet optree,” sê die speaker, Neil Mercuur.

Die klagtes teen Wullschleger hou verband met ’n radio-onderhoud wat in Julie 2019 op Vallei FM plaasgevind het. Die klagtes teen Wilskut spruit uit beëdigde verklarings wat by die speaker ingedien is. Dit hou verband met die klagtes wat teen hom ingedien is by die polisie, sê die speaker. Wilskut het vroeër vanjaar in die hof op aanklag van seksuele aanranding verskyn.

’n Lid van die BO, Claire Slingers, meen die raad het geen reg om iemand dissiplinêr te verhoor wanneer hy sy vryheid van spraak uitoefen nie. Slingers meen Wullschleger het net sy reg gebruik om die gemeenskap in te lig en op hoogte van sake te hou.

“Die raad tree onreg­verdig op omdat raadslid Wilskut nog nie skuldig bevind is nie. Hoe kan hulle hom aankla van iets waaraan hy nog nie eens skuldig bevind is nie?” vra ’n lid van die BO, Anthea September.

Die BO het aan Standard gesê hulle meen die paneel wat die verhoor moet behartig se samestelling is nie ooreen­komstig dié vir vorige verhore nie.

Voorheen is daar een lid van elke party wat betrokke is in die raad op die paneel verkies, maar op die paneel wat gekies is om die twee BO-raadslede te verhoor, is daar ses DA raadslede en een raadslid van elke ander party verkies.

“Die komitee sal besin oor die gevalle en die ondersoek gaan voort teen die twee raadslede. Die verhore sal dan in geslote sessies plaasvind sodra formele klagstate opgestel is,” sê Mercuur.

Op die raadsvergadering het die ander politieke partye, behalwe die DA, aangedui hulle sal nog besin oor of hulle deel van die verhoorpaneel gaan wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.