Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rebecca moet nou ook gaan

Die Worcesteriet wat een van die China-51 is wat met ’n skoolhou­slenter gevang is, se visum is nou ook intussen gekanselleer en sy moet inderhaas na Suid-Afrika terugkeer.

Standard het verlede week berig oor Rebecca Terblanche wat besluit het sy gaan haar nie laat afsit deur die petalje nie en dat sy in China gaan aanbly.

Haar droom om verder aan te bly, het egter weer die afgelope week vinnig in ’n nagmerrie verander toe háár visum ook gekanselleer is.

Rebecca is deur die agent, Owen Wong, om die bos gelei al het sy nie saam met die res van die 51 onder­wy­sers gewerk nie. Sy het by ’n ander skool klas gegee. Die agent is nou in hegtenis geneem en Rebecca moet ook landuit. “Dit raak nou baie ongemaklik,” sê Rebecca.

“Alles het in ’n oogwink verander. Mense moet bewus hiervan wees, want die mense deur wie ek gewerk het, het dokumentasie gehad. Dit het voorgekom asof hulle die ware jakob is. Ek moes my navorsing gedoen het, maar as ’n mens desperaat is dan gryp jy só ’n geleentheid aan vir ’n beter toekoms vir jouself,” sê sy.

Volgens haar pa, Jacques, “lê sy tans laag” in China en wag vir ’n uitweg.

“Sy wag tans vir ’n uitgangs­visum. Sy moes na een of ander dorp reis om die konsulaat te sien sodat sy ’n uitgangsvisum kan kry,” sê hy.

Volgens hom is hulle in kontak met een van die ouers van die ander 50 leerders wat reeds terug in die land is.

“Die man het ’n klomp kontakte en hy het Donderdag met buite­landse sake ’n vergadering om uit te vind wat hulle vir Rebecca kan doen,” sê haar pa.

Rebecca sê sy word soms mismoedig, maar sy bly steeds positief. “Gelukkig het ek familie wat my hierdeur ondersteun en sonder die Here se krag sou ek dit nooit gemaak het nie,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.