Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Regering mik na strenger wetgewing

Die departement van vervoer en openbare werke het on­langs sy nuwe voorgestelde wetgewing bekend gemaak.

Dít kom nadat dronkbestuur in 2018-’19 opmerklik toe­geneem het.

Ingevolge die wet moet bestuurders ’n bloedvlaklesing van minder as 0,05 gram per 100 milliliters hê. Dit is egter nog strenger vir motoriste wat voertuigbestuur as ’n beroep beoefen. Hulle moet ’n telling van minder as 0,02 gram per 100 milliliters hê.

Met die regering se nuwe voorgestelde wetgewing sal bestuurders egter ’n telling van 0 moet wys as hulle getoets word om vervolging vry te spring.

Volgens die jongste misdaad­syfers is daar 82 912 gevalle van dronkbestuur in die laaste jaar opgemerk. Die syfer kan aansienlik hoër wees omdat dit net die gevalle insluit wat aan die polisie bekend is.

Die Wes-Kaap het die derde meeste dronkbestuurders op Suid-Afrikaanse paaie.

Arrive Alive plaas baie klem in sy strategieë daarop om dronkbestuur in die kiem te smoor aangesien dit bydrae tot talle ongelukke en sterftes op ons nasionale paaie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.