Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Robertsonse skrywer se storie nou op RSG

Sy het altyd geweet sy kan skryf en wou nog ’n loopbaan in tale volg.

Maar vandag leef sy haar droom uit en haar eerste radiodrama word eersdaags op die gewilde radiostasie RSGuitgesaai.

Helena Mellet van Robertson se drama Man op die Maan is onlangs vir uitsending in vanjaar se tweede radiodramaseisoen gekies.

“Ek skryf al sedert my skooldae en het in 2014 begin radiodramas skryf,” vertel Helena.

“Ek was ’n finalis in 2017 en 2018 se radiodramakompetisies vir RSG.”

Sy sê dat sy vanjaar eintlik ’n blaaskans wou neem, maar dié geleentheid het toevallig oor haar pad gekom.

Man op die Maan is eintlik ’n inskrywing vir 2018 wat hulle vir nou gekies het.

“Ek het die geleentheid gehad om die opname by Kaapstad se ateljees by die SAUK-kantoor by te woon. Dit was ’n ongelooflike ondervinding en kosbare leerskool. Jy kan nie die hoendervleis en trane keer as jy jou skryfwerk hoor lewe kry nie,” vertel Helena.

“Dis ’n humbling experience. Jy weet talente is ’n geskenk van Bo en jy moet daarmee woeker, maar sonder geleenthede en die ondersteuning van familie en vriende sal die kite ook nie vlieg nie.

“Ek is baie dankbaar vir die geleentheid en ook vir my fantastiese ondersteuningspan,” vertel Helena.. Man op die Maan word vanaand (Donderdag 19 Desember) 20:00 op RSGuitgesaai en is ook as potgooi op RSG se webtuiste beskikbaar.

Anrich Herbst is die regisseur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.