Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rockviewdam kry ná vyf jaar nuwe naam

’n Bekende baken in die Theewaterskloof en in die Overberg, die Rockviewdam naby Grabouw, gaan binnekort herdoop word na die Dorhadam.

Die dam naby die Palmiet-pompstasie word vernoem na die Khoi-San-opper­hoof, Dorha, wat in die Villiersdorp-omgewing gewoon het.

Opperhoof Jacobus Jooste van die Chainoukwa-stam het die naams­verandering bevestig en gesê dit is ’n stap in die regte rigting tot versoening.

Jooste was ’n groot dryfveer agter die naamsverandering wat deur die departement van omgewingsake en die Wes-Kaapse regering goedgekeur is.

“Die poging vir die naamsverandering kom reeds etlike jare aan,” het Jooste gesê. “Ons wil net dr. Dan Sleigh vir sy hulp bedank.”

Naamborde om die nuwe naam van die dam aan te dui, sal binnekort voor­sien word waarna ’n amptelike oorhan­di­ging en inhuldiging sal plaasvind.

Hierdie naamsverandering na die Dorhadam is reeds deur die nasionale minister goedgekeur.

Na verneem word gaan ’n gedenk­steen ter ere van Dorha naby die dam opgerig word.

Pogings om die naam te verander, het meer as vyf jaar geduur en is met groot blydskap begroet.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.