Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Roodewal-mentors neem jongmense onder hul vlerk

Die Building Bridges Mentoring Programme-werksessie vir jongmense is onlangs goed in Roodewal ontvang. En dit is net die begin vir dié gemeenskap.

Die program is ’n uitvloeisel van navorsing wat gedoen is om onder jongmense te bepaal watter hulpbronne en bates in die gemeenskap is wat aangewend kan word om geweld te bekamp. Volgens die sekretaris van die program wat in die Strand gesetel is, Marcellino Jonas, was die gemeenskap van Roodewal baie ontvanklik om die eerste Worcesteriete te word om aan die program deel te neem.

  • Volgens Jonas het die program in 2011 begin en is dit deur die Mediese Navorsingsraad (MNR), in samewerking met Unisa, van stapel gestuur. Dit het aanvanklik as bekend gestaan.

Nadat ’n teikengemeenskap geïdentifiseer word, word werksessies in daardie gemeenskap aangebied oor wat hul bates is.

“Ons noem dit ‘bates-kartering’,” sê Jonas.

Die mentorskapprogram strek oor ’n jaar. Volgens Jonas is die eerste gedeelte van die program spesifiek daarop gemik om mentors op te lei om met jongmense te werk.

“Die mentors werk natuurlik vrywillig. In die tweede helfte van die program word met jongmense self gewerk en dit is waar ons nou in Roodewal is. Ons werk aan ’n groot projek vir die einde van die jaar en gaan ook op ’n kamp, waarna die jongmense baie uitsien.”

Die kinders van Roodewal, sowel as uit ander dele en skole van die dorp, het die afgelope week werksessies gehad waar hulle oor onderwerpe soos selfrespek, respek vir ander, deernis en die bekamping van geweld moes praat. Die ses modules word oor 22 Saterdae aangebied. “Ons sit met geweldig baie konflik en geweld en só ’n program gee waarde aan ’n gemeenskap soos Roodewal en hoop vir die toekoms,” sê past. Michael Fingers van die program.

Vir meer inligting oor Building Bridges, bel Lilian by 071 207 9025.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.