Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rose se stem is nou stil

Haar plek is leeg en haar stem is stil.

’n Familie van Rawsonville treur oor die dood van hul geliefde suster, vrou en ma, Rose Ockhuis, nadat sy Donderdag op slag in ’n ongeluk op die R43 tussen Worcester en Rawsonville dood is.

Die familie het ingestem vir ’n onderhoud met Standard by hul huis in Denovastraat.

Wyle Rose Ockhuis (51).Foto: Verskaf

Vandag, Saterdag 5 Oktober, merk presies ’n week na Rose se 51ste verjaardagpartytjie.

“Verlede week hierdie tyd was ons almal saam en gelukkig. Ons het sommer hier by die huis ’n partytjie gehou, dit was haar wens. Sy het altyd gesê mens moet die lewe vier, toe sê sy nog die volgende ‘get together’ is vir sy en haar man, Tinus, se 25ste huweliksherdenking in Desember,” vertel ’n familielid.

Voor die ongeluk was Rose se laaste woorde aan haar gesin, “Bye, ek sien julle vanaand.”

Rose is ’n Rawsonville inwoner in murg en been. Sy het haar loopbaan hier in die Breedevallei begin en dit ook hier grootgeword. Sy is al vir 16 jaar in diens by Satvi as ’n navorser.

Die familie het baie mooi herinneringe van Rose. “Sy was nie net my suster nie, sy was my beste vriendin. En sy was ’n vredemaker,” vertel haar suster Louise.

“Sy was daar vir ons almal en vir alles. Sy het altyd ’n gewoonte gehad om te sê, ‘Ai jinne, sterkte,’ amper asof sy jou probleem vir jou wil regmaak,” sê nog ’n familielid.

Die familie sukkel om tot verhaal te kom na die ongeluk, maar hulle skep hoop uit die gedagte dat Rose erge pyn gespaar is. “Hoekom moes my suster so lelik seergekry het, vir so liefdevolle mens het sy net té seer gekry,” sê haar suster.

Haar enigste kind, Nadia wat tans onderwys aan die Universiteit van Wes-Kaapland studeer, het haar ma se liggaam by die lykskouing gesien. “Toe ek sien hoe seer het sy gekry het die Here gedank dat hy haar van die pyn gered het,” sê sy.

Tinus sê Nadia het eienskappe van haar ma geërf. “Sy is standvastig, sterk en het ’n leiergees, soos haar ma,” sê hy.

Sy word oorleef deur haar man, Tinus, dogter, Nadia, drie susters, een broer, haar ma en vele peetkinders, almal vir wie sy baie lief was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.