Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rugbyman skielik oorlede

’n Welbekende sportman van Worcester is Dinsdag 1 Oktober in die vroeë oggendure in die plaaslike Mediclinic aan nierversaking oorlede. Hy was ’n diabeet.

Die 51-jarige Rodger Grove was by rugby betrokke en het ná sy speeldae betrokke gebly. Hy was spanbestuurder van die seëvierende Villagers-span wat as die Boland-kampioen gekroon is.

Tydens dié segetog was sy swaer, Johan (Bulletjie) de Koker (’n voormalige Saru-speler), die afrigter van die span. Rodger se oorlede pa Pierre se broer Nolan, het ook in sy speeldae Saru-kleure verwerf – ’n duidelike bewys dat rugbytalent in sy gene is.

Rodger, wat uit ’n familie met noue bande met Worcester Villagers stam en deel uitmaak van vyf geslagte van rugbyspelers wat almal een of ander tyd diens gedoen het vir Villagers, was reeds van skooldae af ’n uitblinker op sportgebied.

Hy het nie net op skool Boland-kleure as krieketspeler verwerk nie, maar was in 1987 kaptein van die Boland-skolerugbyspan en is in dieselfde jaar aangewys as die Suid-Afrikaanse skolerugbykaptein.

Hy het sy klubrugbyloopbaan in 1983 as 15-jarige by Villagers begin en het in 1985 op 17-jarige ouderdom die jongste kaptein ooit geword om Villagers se A-span op die veld te lei, ’n bewys van sy leierseienskappe.

Rodger het aan die Esselenpark Sekondêre Skool gematrikuleer en het hom in 1991 by die plaaslike polisie aangesluit waar hy tot met sy skielike heengaan as adjudantoffisier in diens was.

Hy was baie gewild – veral vanweë sy puik kliëntediens as offisier agter die toonbank.

Hy is in 1992 met Rina (’n nooi Pienaar) getroud en uit die huwelik is ’n dogter, Avelia, en ’n seun, Bradman, gebore. Avelia hou in Kimberley skool en is met die Griekwa-flank Wendall Wehr getroud en Bradman is ’n finalejaarstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

Avelia is enkele ure voor sy dood terug Kimberley toe en moes ná die tyding van sy heengaan weer terugkom. Alle aanduidings is dat die begrafnis eers Saterdag 12 Oktober vanuit die VGK Worcester in Adderleystraat sal plaasvind.

Rodger laat ook twee kleinkinders, twee susters, Michelle en Ilse, asook ’n broer, Greg, agter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.