Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rus goed – in 2020 vier ons 200 jaar!

Soggens word ons begroet met Kersfees-musiek op die radio en Boney M se “Mary’s Boy Child”laat ons dan besef dat nog ’n jaar op sy rug is.

“Jingle Bell Rock” is hier, 365 dae het amper uitgeloop en ons staar weer ’n nuwe jaar in die gesig met ander uitdagings.

Voordat ons daar kom, gaan ons eers vandag stil raak en vir die Liewe Vader dankie sê – dankie vir genade oor ons lewe en dankie vir Sy krag wat ons sterk gemaak het in tye dat ons soms nie geweet het wat om te doen nie.

Ons het hierdie jaar geweldig baie geleer – wat menslikheid is, wat ondersteuning is, wat hartseer en ook wat geluk is. Ons het nuwe mense ontmoet en saam gereël aan soveel mooi gesellighede in ons dorpe. Ons het bymekaargekom en ’n naweek saam met ons kerkleiers ervaar – wat Hugo Kilian gereël het – om ons dorp te LAAT LEEF.

Soveel instansies het die jaar uitgereik na mense wat dit regtig nodig gehad het. Die verskil kon ons sien in ons gemeenskappe. Baie dankie aan u vir u bydrae. Elke inwoner wat so gereeld sy BVM-rekening betaal en regtig probeer om ons hande hoog te hou, baie dankie daarvoor. Baie van ons inwoners doen ook hul deel om die omgewing waar hulle woon, netjies te hou en daarvoor wil ek u bedank; ook die buurman wat u aanmoedig. Ons dorpe groei daagliks en al is daar soms gebreke, het ons pragtige mense en ’n mooi omgewing. Ek verruil dit vir niks. Die gebede wat daagliks vir ons uitgaan as leiers van die dorp – baie, baie dankie. Ons weet sonder Sy genade is ons niks. U liefde en gebede word waardeer.

Ek wil my boodskap vandag afsluit met die volgende woorde: Dankie dat baie van u in die gemeenskap verstaan wat ons as leiers van die dorp hier doen. Dankie dat u help waar u kan help. Dankie dat u nie oordeel voordat u die volle waarheid weet nie. Dankie dat u saam met ons vir ons gemeenskappe bid; ook vir die werk wat ons daagliks moet doen. Dankie dat u nie Facebook gebruik om goedkoop politiek te bevorder nie en dankie dat u DANKIE sê vir ons wat regtig probeer.

Ons maak almal foute en ons leer uit ons foute. Wie in die lewe is dan foutloos?

Aan ons munisipale bestuurder, die direkteur en personeel van BVM: Baie dankie vir alles wat u vir ons dorpe doen. Dankie dat u nooit moed verloor nie en dankie dat u aanhou om ’n diens te lewer waar u kan. Mag u en u familie veilig wees in die tyd en geniet die wegbreek.

Aan ons inwoners van die Breedevallei: Ek wens u ’n geseënde Kersfees en ’n pragtige 2020 toe.

Geniet u vakansietyd en mag die Liewe Vader u kompas wees. Rus lekker, want volgende jaar is ons dorp 200 jaar oud en moet ons dit in goeie gees vier. En onthou altyd – ons bid vir mekaar, want Hy is altyd in beheer van ons lewe; niemand anders nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.