Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Saak van vrou wat firma glo bedrieg nou na handelshof

Die bedrogsaak van ’n vrou van Worcester, wat na bewering miljoene rande by ’n prokureursfirma in die dorp gesteel het, sal in die handelshof in Bellville aangehoor word.

Marlize Kellerman (36) het Maandag in die landdroshof in Worcester op aanklagte van bedrog verskyn en die saak is na die handelshof verwys.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê Kellerman moet Woensdag 10 April in die handelshof verskyn.

Die staat voer aan Kellerman het die prokureursfirma waar sy gewerk het, oor ’n tydperk van vier jaar uit meer as R4,6 miljoen bedrieg.

Die geld was in ’n trustrekening en is glo deur Kellerman verduister. Sy het die geld glo vir persoonlike gewin gebruik.

Die beweerde bedrog het van 2014 tot Junie 2018 plaasgevind.

Kellerman werk nie meer by die firma nie. Sy is op borgtog van R10 000 vrygelaat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.