Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Saam is hul 170 j. getroud!

Dit gebeur nie elke dag dat naaste bure in dieselfde jaar hul troudag-mylpale bereik nie.

In Hooggelegen-aftreeoord het drie egpare wat in dieselfde singel woon, die afgelope jaar die volgende gevier: . Kowie en Emsie Kriel het hul 60ste troudag op 18 April herdenk. . Braam en Bettie Boshoff was 28 Junie 50 jaar getroud, en . Martin en Betty Louw het hul 60ste huweliksherdenking op 12 Desember gevier.

Altesaam het hulle dus 170 jaar se huwelikslewe agter die rug. Boonop is die gesamentlike ouderdom van hierdie ses individue 489 jaar!

Een ding waaroor al ses saamstem, is dat hulle dankbaar is vir hul en hul lewensmaats se gesondheid. Die groepie is al die afgelope 16 jaar bure en vier gereeld hul spesiale geleenthede saam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.