Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sakeman vasgebind en beroof

’n Sakeman is Donderdagoggend in sy onderneming in Worcester deur gewapende mans oorval, vasgebind en beroof.

Drie mans het by Worcester Sweiswerke in die nywerheidsgebied ingestorm en die eienaar, Andrew Whitehead (59), van R9 000 beroof voordat hulle van die toneel af gevlug het.

Volgens die Worcester-polisie het die drie manlike verdagtes geklee in blou oorpakke die perseel van die sweiswerke in Smithstraat binnekom. Twee van die mans was met vuurwapens gewapen en die derde een met ‘n mes.

Standard kon bevestig dat die voorval omstreeks 06:30 plaasgevind het.

“Ek het groot geskrik en ly steeds aan skok. Dit was ’n nare ervaring gewees. Hulle het ingekom toe ek alleen in die gebou was en my vasgebind met kabelbinders. Hulle het kontant gevat en my selfoon. Ek is vasgebind gelaat in die gebou en moes myself ophelp. Ek het een van my masjiene aangeskakel met ’n groot gesukkel om myself los te sny en toe kon ek eers hulp gaan soek,” het Whitehead aan Standard gesê.

“Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug en kontant ter waarde van R9 000 geneem,” sê AO Julian Plaatjies van die Worcester-polisie.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die perseel waar die rooftog plaasgevind het, is as die ou CBS-gebou, waar CBS Clutch and Brake eers geleë was. Bike Boutique, wat in Julie vanjaar in die slag gebly het toe hul perseel deur die gasontploffing verwoes is, is tans langsaan geleë.

“Ons het vanoggend (31 Oktober) hier aangekom, toe was dit net polisie op die toneel. Worcester Sweiswerke se perseel is tans gesluit en niemand is hier nie,” het Bike Boutique se eienaar, Jannie Beukes, vroeg aan Standard gesê.

Die polisie doen ‘n beroep op mense met inligting oor die voorval om die ondersoekbeampte, speursers. Rowan Williams, by die eenheid vir ernstige en geweldsmisdaad te skakel by 082 4695 963 (alle ure).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.