Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Save our City maak verskil

Die gemeenskapsprojek Save Our City beoog om die dorp op te bou.

Tyran Meyer, ’n Worcester-boorling, doen al die afgelope 14 jaar gemeenskapswerk, maar het die organisasie eers in Augustus verlede jaar geregistreer.

“Behalwe om die gemeenskap op te bou, wil ons ook ’n platform vir die jeug skep. Ons wil vir jongmense die geleentheid skep om weg te bly van bendes, dwelms en verkeerde besluite,” sê Meyer.

Hulle wil hierdie doel deur middel van sport bereik.

“Ons het onlangs saam met Sporting Stars FC begin werk en die doel is om sport met ’n boodskap vir die kinders aan te bied.”

Die twee organisasies is ook besig om klere vir hul jaarlikse projek vir die komende winter bymekaar te maak. Save Our City maak ook weekliks sop wat hulle in die informele nedersettings en minderbevoorregte gebiede in Worcester uitdeel.

“Ons hoop om deur middel van hierdie projekte ’n verskil in mense se lewe te maak.”

Meyer het ook ’n vennootskap met ’n berader aangegaan en sal eersdaags gratis beradingsessies aanlyn begin aanbied vir dié wat dit nodig het.

“Farah Roos het oor die jare in verskeie beradingsvelde ervaring opgedoen en gaan ons help met hierdie aspek van die dienste wat ons wil lewer.”

Tans het die organisasie ’n plaaslike internetverskaffer wat hom van gratis internet voorsien, wat dit moontlik om in konstante kontak met alle rolspelers te bly.

Maar, vra Meyer, as daar enigiemand is wat skenkings in ander vorms kan doen, sal dit verwelkom word.

“Mense is welkom om geldelike skenkings te doen of klere vir kinders van alle ouderdomme, nie-bederfbare kos en ook bestanddele vir die weeklikse sop wat uitgedeel word, te skenk.”

Save Our City hou Saterdag 28 Maart ’n braai met kosverkope en vra die gemeenskap se ondersteuning.

Vir meer inligting of om skenkings te doen, kontak Tyran Meyer by 083 292 0153 of Eusibio Fynn by 062 681 2858. E-pos kan ook na saveourcity67@yahoo.com gestuur word. Volg ook die Facebook- en Twitter-blad Save our City.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.