Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seminaar oor etiese leierskap

Finansiële amptenare van munisipaliteite en die provinsiale regering in die Wes-Kaap het vandeesweek ’n seminaar wat op etiese leierskap fokus, bygewoon.

Die seminaar is Maandag en Dinsdag by die Golden Valley Casino deur die Chartered Institute of Government Finance, Audit and Risk Officers (Cigfaro) aangebied.

Cigfaro is in 1929 gestig en wy hom daaraan om volhoubare finansiële bestuur van openbare geldsake te handhaaf.

Bradley Brown, Cigfaro se provinsiale voorsitter en finansiële adviseur van die Langeberg-munisipaliteit, sê etiese leierskap is nou ’n baie brandende kwessie in Suid-Afrika en dis juis daarom belangrik om seminare vir finansiële beamptes aan te bied.

“Ons is daar om kapasiteit binne finansiële omgewings te bou en om insette te gee oor nuwe wetgewing, asook om bystand te bied met die implementering van finansiële regulasies,” sê Brown.

Nog ’n verteenwoordiger van Cigfaro se Wes-Kaapse tak, Santie Reyneke-Naude (Overstrand-munisipaliteit), sê almal verdien goeie finansiële diens.

“Kragte moet saamgesnoer word tussen owerhede om by te dra tot die verbetering in bestuur om dienslewering op grondvlak te verbeter,” sê sy.

Sprekers by die seminaar was prof. Tania Ajam, adv. Helen Venter, Graham Paulse en nog kenners op finansiële gebied.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.