Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ses van gesin sterf in brand
Hexpark brand Booysen gesin


Die omstandighede wat daartoe gelei het dat ses lede van ’n Worcesterse gesin Sondag in die vroeë oggendure in hul huis doodgebrand het, is nog onbekend.

Elizabeth Booysen, haar dogters Daniella, Jamie-Lee en drie kleinkinders Jermaine, Delmaine en Sune is in die brand in hul informele huis in Hexpark dood.
Volgens die adjunk-brandweerhoof van die Breedevallei (BVM) -munisipaliteit, Sewes Pretorius, is die brand omstreeks 00:41 aangemeld. Hy sê die Breedevallei-nooddienste is dadelik daarheen gestuur.
“Teen die tyd wat die brandweer daar aangekom het, was die struktuur heeltemal in vlamme gehul. Ongelukkig is die liggame van twee volwassenes en vier kinders in die oorblyfsels van die struktuur aangetref,” sê Pretorius.
Volgens hom is die oorsaak van die brand nog nie vasgestel nie en die polisie sal nou verder ondersoek doen.
Die uitvoerende burgemeester, Antoinette Steyn, het haar medelye uitgespreek.
“Dis nooit lekker om wakker gebel te word en te verneem ’n gesin is oorlede in ’n brand nie. Die eerste ding wat in jou gedagtes kom, is kinders, en daar was nie hulp om hul lewe te red nie, want dit gebeur so gou. Ek is hartseer oor ’n gesin wat weggeneem is en alles is verlore. Dan dié wat agterbly, die lewens wat gespaar is. Die dae wat gaan kom om aan te pas. Ons kan hulle net ondersteun in die pad wat voorlê van genesing. My innige meegevoel aan die familie,” het Steyn Sondagoggend gesê.
Die familie van die oorledenes was Sondagoggend nog te getraumatiseerd om met Standard te praat. 
Meer oor:  Worcester  |  Brand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.