Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seun het passie vir musiek

’n Jong klavierspeler van Worcester gaan vanjaar aan die 32ste Hubert van der Spuy-nasionale musiekkompetisie, wat in September plaasvind, deelneem.

Die 14-jarige Stefan Suter van die Vallei is een van 52 deelnemers van oor Suid-Afrika heen wat aan die musiekkompetisie gaan deelneem.

Volgens Erika Suter, Stefan se ma, was hy eintlik reeds in 2019 ’n finalis, maar toe Covid-19 die land in 2020 tref, is alle kompetisies gestaak.

“Die finaliste is deel van die uitgesoekte groep wat aan die kompetisie mag deelneem. Verlede jaar is geen kompetisie weens Covid-19 aangebied nie,” sê sy.

“Hy het in graad 1 begin met blokfluit en toe in die vierde kwartaal met klavier by Worcester Primêr. Die musiekjuffrou by die skool het destyds aanbeveel dat die kinders met blokfluit begin omdat dit maklik is in vergelyking met klavier. Hy het baie goed gevorder en ek het geweet dat hy toe reg is vir klavier. Hy het besonders vinnig gevorder,” vertel sy.

Sy sê Stefan ontvang die afgelope paar jaar twee lesse per week van ’n halfuur elk en het baie genot daaruit gekry.

Stefan gaan tans skool by die Duitse Internasionale Skool in Kaapstad. Hy kry ook klavierlesse by prof. Albie van Schalkwyk, die 2009-wenner van die Huberte Rupert-prys, wat die SA Akademie vir Kuns en Wetenskap aan hom toegeken het vir sy bydrae tot ensemblespel en -onderrig die afgelope 30 jaar.

“Stefan neem deel aan baie kompetisies en geniet dit om op te tree. Hy het ook al sy eie konsert hier in Worcester aangebied. Ek is regtig trots op hom. Hy het ook onlangs begin viool speel,” sê sy ma.

Volgens die organiseerders van die kompetisie is die missie van die Hubert van der Spuy-nasionale musiekkompetisie om talentvolle jong musiekleerders die geleentheid te bied om by mekaar in ’n kompetisie-omgewing te leer en om op nasionale vlak mee te ding.

Die kompetisieweek duur van 19 tot 23 September in die Hugo Lambrechts-musieksentrum in Parow.

Die eindronde van die kompetisie word op 23 September regstreeks uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.