Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seun met SANW-.38 aangekeer

’n Sewentienjarige seun van Worcester is verlede Donderdag (30 Mei) in Avianpark in besit van ’n .38-weermagrewolwer en -ammunisie vasgetrek.

Lede van die teenmisdaadeenheid was op ’n patrollie en het die jongman wat verdag gelyk het, genader.

“Hy het weggehardloop toe hy die polisie sien. Die polisie het op die vuurwapen en die ammunisie beslag gelê en ’n voorlopige ondersoek het gewys dit is ’n weermag-rewolwer,” sê kapt. Lindikhaya Mkhontwana, ’n woordvoerder van die Worcester-polisie.

Die seun het op aanklag van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie in die hof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.