Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
STANDARD Valleier van die Maand
Shirley weet sy kan ’n verskil maak
valleier van die maand Shirley Mangena


Standard se Valleier van die maand, Shirley Mangena (48), sê haar droom is om ’n verskil in die Vallei te maak.

“Ek glo en weet ek kan ’n verskil maak.”

Shirley is ’n bekende gesig in De Doorns. Haar huis in Bikostraat staan vir almal oop. Shirley sê sy weet van swaarkry en juis daarom wil sy ander mense in haar gemeenskap help.

“Ek het swaar grootgeword,” sê Shirley. “My oorlede ouma, Hazel None, wat my op De Doorns grootgemaak het, het my geleer om mededeelsaam te wees. Ek gee nie om om my laaste sent met iemand anders te deel nie.”

In 2014 het sy die Lingelethu-groep gestig. Dié groep het aan talent­kompetisies deelgeneem en sy het die tieners met dans en sang vermaak. Sy sê die kinders in die gemeenskap het gereeld by haar ’n broodjie gevra en toe begin sy ’n voedingskema. Sy berei daagliks middagete vir kinders en bejaardes in De Doorns voor. Shirley sê sy is nou die stigter van die Change Your Life-groep.

“Ek het die groep begin, want ek wil lewens vir God verander. Ek deel nie net middagetes uit nie, maar tree ook as ’n mentor op,” sê Shirley.

Shirley sê sy het baie in haar lewe seergekry. “Ek het deur ’n egskeiding gegaan en my twee kinders as ’n enkelma grootgemaak en in September vanjaar het my ouma Hazel, na ’n siekte, gesterf.”

Shirley het uit haar werk bedank om voltyds haar droom na te jaag. “Ek het nie meer ’n inkomste nie, maar ek is vasbeslote om aan te hou met my werk in die gemeenskap. Ek sien soms mense met baie geld wat nie bereid is om ander te help nie. Ek sal nie dat omstandighede in my pad staan nie.”

Mense wat graag Shirley se visie ondersteun, is welkom om haar by 060 321 3018 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.