Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Siggestremde beleef sy droom

’n Siggestremde man van Worcester wat nog altyd net na die brulgeluide van stock cars kon luister, het vir sy 47ste verjaarsdag uiteindelik die kans gekry om in een te ry.

Jasper Steenkamp sê hy sal dié verjaarsdag nooit vergeet nie. Dit was nadat sy vriendin, Amanda Gouws, en die bestuur by Mega Oval ’n onvergeetlike verrassing vir hom gereël het.

Amanda sê so lank as wat sy Jasper ken, weet sy hy het ’n groot liefde vir stock cars en alles wat daarmee gepaardgaan. “Elke Saterdagaand luister ons na die stock cars en dan sê hy vir my ‘hoor daar’,” vertel Amanda.

Sy sê sy het geweet sy moet iets spesiaals vir sy verjaardag doen.

“Ek het Jean-Pierre Robberts van Mega Oval gekontak en verduidelik dat ek graag wil hê hulle moet Jasper vir ’n spin vat, maar hy moenie weet nie. Hy het gesê hy sal kyk wat hulle kan doen,” vertel sy verder.

Amanda sê Jean-Pierre het laat weet hulle sal dit gratis doen. “ ’n Lid van die klub, Martin van der Westhuizen, en sy seun M.J. het hul kar beskikbaar gestel en Jasper vir ’n paar rondtes om die baan geneem. Ek was in trane. Ek kan nie glo daar is mense wat nog só ’n goeie hart het nie. Ek is so dankbaar vir hulle,” sê Amanda.

Robberts, die ondervoorsitter van Mega Oval, sê hulle het ingestem omdat hulle iets positief in die gemeenskap wil doen. “Ek weet dit sou baie vir Jasper beteken en ons kon dit sien toe hy in die kar sit. Sy reaksie was iets wat jy nie kan beskryf nie,” het hy gesê.

Jasper sê hy het niks verwag nie, maar dit was sy beste verjaarsdag nóg.

“Dit is onbeskryflik – die ervaring; die adrenalien het gepomp. Ek weet nie hoe om vir almal dankie te sê nie. Ek het nou nog nie woorde nie. Dit gebeur min dat mense die moeite doen om iets so spesiaal vir iemand wat jy nie eens ken nie, te doen,” sê Jasper.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.