Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Siggestremdes moet baie aanpas


Siggestremde mense moet ekstra versigtig optree in die Covid-19-pandemie omdat hulle gewoonlik aan baie goed moet raak en voel om hul pad te vind. Standard het by Pionierskool in Worcester gaan inloer om met leerders en personeel te gesels oor hoe maklik hulle die aanpassing vind.

“Ons het reeds aan die begin van die pandemie begin om leerders op te voed oor die virus deur die gebruik van opvoedkundige programme op Facebook. Dit het ingesluit hoe om jou hande reg te was, hoe om jou masker te dra en die korrekte manier van hoes en ons het veral klem op veilige afstande tussen mense gelê,” sê Elizma Berlyn van die bemarkings­departement by Pionierskool.

Shaun van Eyssen, ’n leerder van dié skool, beskryf die virus as ’n dodelike siekte, maar hy bly optimisties oor die toekoms en dat dinge na die gewone sal terugkeer.

“Op die oomblik is ons in die omstandighede gedompel en ons moet net aanpas – daar is geen ander manier nie. Aanpassing is nou belangrik.”

Die oriëntasie- en mobiliteitspersoneel van die skool het baie navorsing gedoen en alternatiewe maniere te kry om die aanpassing vir leerders so veilig as moontlik te maak.

blindes
Pionierskool pak die koronavirus op 'n spesiale wyse aan. (Foto ter illustrasie)

“Helder geel metaalstroke is op die vloer van die skool en koshuise aangebring om veilige afstande te help handhaaf. Die kleur help om die kontras te vergroot en dit kan met die voet gevoel word,” vertel Berlyn.

Elke leerder het persoonlike aandag gekry om hulle te verseker dat geen onnodige risiko vir hulle bestaan nie en hulle steeds teen die virus beveilig is.

“Dit was eers vir my vreemd om ’n masker te dra en ontsmettingsmiddel vir my hande te gebruik, maar dit is nou ons nuwe werklikheid. Dit was in die grendeltyd tot nou nie lekker om net by die huis te sit nie, dus is ek nou weer bly om terug by die skool te wees,” sê Melzaine Bekeur, ’n leerder aan die Pionierskool.

Dit is belangrik vir siggestremde mense om vertroud te wees met hul omgewing – veral in die pandemie – sodat hulle so min as moontlik aan goed moet raak. Siende gidse word nou glad nie gebruik nie omdat veilige afstande gehandhaaf moet word.

Die leerders word geleer om traprelings met die agterkant van hul hande aan te raak en die relings word voortdurend ontsmet.

“Die leerders word geleer om traprelings met die agterkant van hul hande aan te raak en die relings word voortdurend ontsmet. Ons maak ook nou verdere gebruik van eggoplasing sodat leerders die klank van eggos kan gebruik om openinge te identifiseer,” verduidelik Berlyn.

“Ek het nie gedink ek gaan weer terugkom skool toe om my matriekjaar te voltooi nie, maar ek is nou baie bly om terug te wees en ek voel baie veilig by die skool,” sê Rochelle Engelbrecht, ’n gr.12-leerder aan die Pionierskool.

Rochelle sê verder sy was maar erg “skrikkerig” om uit die Oos-Kaap na die Wes-Kaap te kom omdat die syfers so hoog is hier, maar sy meen dit hang van ’n mens self af om jouself teen die virus te beskerm.

Beweging word tans beperk om die skool se perseel en die personeel sê dit is makliker om veilige afstande tussen leerders te handhaaf danksy minder leerders as wat hulle gewoonlik het.

Die skool lê groot klem om die skool daagliks te ontsmet om die gevaar vir die personeel en leerders verder te verlaag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.