Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skietery was ‘buite klub’

’n Veertigjarige man is Saterdag in die vroeë oggendure voor die kuierplek Go Club 925 geskiet.

Volgens kapt. Lindikhaya Mkhontwana, ’n plaaslike polisiewoordvoerder, het die slagoffer skietwonde aan die regterkant van sy rug, regter en linkerkant van sy bors, sy maag en twee aan sy regterarm opgedoen.

“Die ambulans het die slagoffer na die Worcester-hospitaal geneem, waarna hy na die Tygerberg-hospitaal vir verdere behandeling oorgeplaas is,” sê Mkhontwana.

Pieter Janse van Rensburg, die eienaar van Go Club 925, sê die voorval het buite die kuierplek gebeur. “Dit het omstreeks 04:16 gebeur. Ons was toe en het binne skoongemaak,” sê Janse van Rensburg.

Hy sê hulle gee hul samewerking aan die polisie en help waar hulle kan met die ondersoek. “Wat gebeur het, is sleg vir besigheid. Ons het reeds klandisie verloor, maar ons probeer ons bes om mense terug te kry. Ons het goeie veiligheid,” sê Janse van Rensburg verder.

Mkhontwana sê ’n saak van poging tot moord word ondersoek. “Geen verdagtes is in hegtenis geneem nie en die polisie volg alle leidrade op,” sê Mkhontwana.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.